Shell Auto Constantia
12/06/2022
⛈️ Waarskuwing van vloede en kouefronte vir Kaapstad uitgereik
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het bevestig dat 'n reeks kouefronte vanaf Sondagaand 12 Junie 2022 tot Dinsdagaand 14 Junie 2022 die land sal binnekom.
Die voorspelling sluit ontwrigtende reënval, sterk winde en onstuimige seetoestande met golfhoogtes van tot 4,5 meter in.
Reënval van tussen 50mm en 80mm word oor die bergreekse verwag. Dít sal na verwagting tot oorstromings in landelike gebiede lei.
'n Geel vlak 4-waarskuwing is uitgereik vir reën wat kan lei tot moontlike plaaslike oorstromings van paaie en formele sowel as informele nedersettings oor die Kaapse Metro, westelike gebiede van die Kaapse Wynlande en die Overberg-streek.
'n Geel vlak 2-waarskuwing vir wind wat lei tot rowwe seetoestande en dus moeilike navigasie op die see word tussen Kaappunt en Kaap Agulhas verwag.
'n Geel vlak 3-waarskuwing vir wind wat moontlik kan lei tot skade aan formele en informele nedersettings word verwag oor die suidelike dele van die Namakwaland en die noordelike binneland van die Wes-Kaap.
Enige weerverwante noodgevalle kan aan die Metro se Openbare Noodkommunikasiesentrum gerig word deur 021 480 7700 vanaf 'n selfoon of 107 vanaf 'n landlyn te skakel.
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the business
Telephone
Address
45 Constantia Main Road
Wynberg
7800