Vryburger Omgeemense van Rustenburg

Vryburger Omgeemense van Rustenburg

Share

10/07/2026

Die Groot Boetie Naweek Gholfdag 2026

Ons is baie opgewonde om julle uit te nooi na die Groot Boetie Naweek Gholfdag by Mooinooi Gholfklub op 18 September 2026.

Hierdie gholfdag is ’n fondsinsameling vir ons Groot Boetie Naweek, waar ons Graad 6-seuns die geleentheid gee om ’n naweek vol lewenslesse, geloof, spanbou, avontuur en positiewe rolmodelle te beleef.

Die doel is eenvoudig: om vir hierdie seuns te wys dat hulle raakgesien word, dat hulle waarde het, en dat daar mense in die gemeenskap is wat in hulle toekoms glo.

⛳ Datum: 18 September 2026
📍 Plek: Mooinooi Golf Club
💰 Koste: R4 000 per vierbal
✅ Ingesluit: Karretjie en halfweg-ete
🎤 Gasspreker: Willem Engelbrecht van Be That Guy – Everyday Heroes

Kom speel saam, bring jou span, en wees deel van iets wat regtig ’n verskil kan maak.

Vir besprekings of navrae kontak:

Brendan Henning – 082 395 3076
Tarien Henning – 084 572 1193

Bespreek jou vierbal vandag — jy kan ’n wesenlike verskil maak in ’n Graad 6-seun se lewe.

Dien met Vreugde

10/07/2026

Dien met Vreugde in aksie 💙💛

Op Saterdag, 13 Junie 2026, het die Vryburger Omgeemense van Rustenburg die voorreg gehad om twee potte potjiekos te maak vir Spes Bona, ’n huis vir gestremdes.

Dit was vir ons ’n besonderse geleentheid om nie net kos te neem nie, maar ook om tyd, omgee en ’n bietjie vreugde te deel. Soms lê die grootste verskil in die kleinste dade — ’n bord warm kos, ’n vriendelike gesig en die wete dat iemand omgee.

Baie dankie aan elkeen wat betrokke was en gehelp het om hierdie uitreik moontlik te maak. Dit is waaroor Vryburger Omgeemense gaan.

Dien met Vreugde
Vryburger Omgeemense van Rustenburg

Photos from Mooinooi Golf Club's post 31/05/2026

Ons wil graag ’n groot woord van dank uitspreek aan Mooinooi Golf Club vir julle gasvryheid en uitstekende diens tydens die Rustenburg Gekombineerde Dienste Golfdag.

Die baan was, soos altyd, in ’n spoggerige kondisie, en dit het beslis bygedra tot ’n besonder mooi en suksesvolle dag. Julle span se vriendelike diens, netjiese fasiliteite en professionele hantering word opreg waardeer.

Baie dankie dat julle gehelp het om hierdie fondsinsamelingsdag so spesiaal te maak.

Dien met Vreugde
Vryburger Omgeemense van Rustenburg

Want your organization to be the top-listed Non Profit Organization in Rustenburg?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Address


Rustenburg