Every Nation Kruislig

Every Nation Kruislig

Share

20/05/2026

SONDAGDIENS - 17 Mei 2026

In hierdie Sondagdiens het André de Jager gepreek uit Joshua 3 en gefokus op hoe ons ons harte moet voorberei wanneer God wonderwerke doen.

Deur Israel se deurtog deur die Jordaan het die boodskap drie verskillende perspektiewe uitgelig. Vir die Israeliete het die wonderwerk hoop, vryheid en vreugde gebring, maar hulle moes leer om nie net gefokus te wees op die wonderwerk self nie, maar op God en die Beloofde Land waarna Hy hulle gelei het.

Vir die mense by Adam, waar die water opgehoop het, het die wonderwerk moontlik verlies en ontwrigting veroorsaak. Dit het ons uitgedaag om ons harte te ondersoek: Hoe reageer ons wanneer God iets groot vir iemand anders doen en dit ons iets kos?

Ons is ook herinner dat party mense langs die Jordaan gewoon het en afhanklik was van die rivier. Vir hulle het die opdroog van die water waarskynlik verwarring en onsekerheid gebring. Net so moet ons leer om God te vertrou, selfs wanneer ons nie verstaan wat Hy besig is om te doen nie.

Die boodskap het ons aangemoedig om ons oë op God gevestig te hou, Hom te vertrou in elke seisoen en met geloof vorentoe te beweeg wanneer Hy die pad oopmaak.
Wanneer ons in geloof stap, wys God weer dat Hy met ons is en dat Hy die weg voorberei.

Volg die link om na die diens te luister: https://youtu.be/qIKTrouoYvA

Want your place of worship to be the top-listed Place Of Worship in Rustenburg?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Address


(Dienste-09: 00
Rustenburg
0300

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00
Sunday 09:00 - 00:00