Jotha
27/06/2022
RUK JOU STORIELYN LOS
Middag, almal.
Dit is frustrerend om te skryf en skryf, en skielik te besef jy het geen idee wat volgende moet gebeur nie.
Hoe ruk jy die storielyn uit die sloot waarin dit geval het?
• Kyk na 'n klompie ander storielyn strukture of metodes.
• Skep 'n 'mind map'. Dit is 'n visuele voorstelling van idees en hoe hulle almal bymekaar aansluit.
• Vra jouself: 'Wat as...?' Skryf dan elke lawwe, voorspelbare of miskien sarkastiese idee neer wat by jou opkom. Brei 'n paar van hierdie idees bietjie verder uit. Dit mag jou miskien net in die rigting neem waarheen die storie moet gaan.
Vra jouself: 'Wat kan verkeerd gaan?' Skryf neer wat verkeerd kan gaan en maak dit so 'n titseltjie erger. Dit is 'n goeie manier om konflik te skep en die karakters 'n moeilike, maar interessante tyd te gee.
• Gee die karakters meer om te verloor.
• Skryf die einde van die boek eerste.
• Martel die karakters. Laat iets drie maal 'n soen keer voor dit gebeur, of die motor wil nie aansluit nie, dit reën boonop baie hard en die karakter moet nóú op 'n ander plek wees. Watse vrese het die karakters? Dit kan enigiets wees, en kan interne spanning veroorsaak wanneer jy hierdie fobies so 'n paar maal in die mengsel gooi.
• Kyk wat gaan aan in 'n ander boek, in dieselfde hoofstuk waar jy nou trek met die skryf van jóú boek.
• Hou aan skryf en pluis die fyn besonderhede later uit.
Lieflike dag verder en lekker skryf. 💻🖋😊
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the business
Website
Address
Milnerstraat 389 Waterkloof
Pretoria
0181
Opening Hours
| Monday | 08:00 - 17:00 |
| Tuesday | 08:00 - 17:00 |
| Wednesday | 08:00 - 17:00 |
| Thursday | 08:00 - 17:00 |
| Friday | 08:00 - 17:00 |