Bittersoet
‘n Gemeenskap waar elke vrou ’n liefhê plek het, met doelgerigte projekte, byeenkomste en praktiese benaderingsopleiding tot die bekamping van armoede in Suid-Afrika. Ons is tans vier dames wat die beweging begin het en ons het ‘n liefde en passie teenoor God ons Vader en Skepper, wat ‘n verskil wil maak in vrouens se lewens deur Jesus-liefde uit te leef en uit te deel. Watter voorreg om as kanale
Daar is seisoene in jou lewe waar die grond nie net onder jou kraak nie, maar skuif.
Waar jou gebede soos stof voel.
Waar jy wonder of God nie dalk die klank van jou stem vergeet het nie.
Waar dit vir jou voel of God nie die sand duine en die droogte raak sien nie.
Maar God het nie stem vergeet nie.
Hy doen nooit.
En Hy sien die droë seisoen.
God weet presies wanneer om die reën te stuur en presies wanneer om dit terug te hou.
Want droë seisoene is nie woestyne nie.
Dit is waar daar diep werk gedoen word.
Dit is die plekke waar wortels wild en sterk groei.
Waar geloof tande kry.
Waar jy leer om te staan, al groei niks rondom jou nie.
Soms vorm dit wat God níé doen nie,
jou meer as die wonderwerk waarvoor jy Hom smeek.
Geluk is soet,
maar dit word dikwels gebore uit wat jy het.
Hartseer, egter…
hartseer grawe ’n put binne-in jou.
’n Put wat jou leer om te koester wat jy ontvang, omrede jy die pyn onthou van sonder dit wees.
’n Put wat jou leer om dankbaarheid te vier, selfs wanneer jou hande leeg is.
Gesondheid is mooi,
maar siekte leer jou ’n ander soort krag.
Die soort wat fluister,
“Ek is nog hier… selfs wanneer dit seermaak.”
Die soort wat jou leer om nader te leun, om te rus en om te vertrou.
Verwerping, egskeiding, verlies en die dood,
is die aardbewings van die siel.
Maar as jy waag om onder die puin in te grawe, sal jy water vind wat nog die heletyd onder die pyn vloei.
Lewende water.
Water wat ’n boek word.
’n Bediening word.
’n Nuwe begin word.
’n Pad waarop iemand anders kan loop
omdat jy oorleef het wat jou wou begrawe het.
Dis ongelooflik wat God met ’n g*t kan doen.
Want terwyl die duiwel besig is om g*te in jou lewe te steek soos....
’n g*t in jou huwelik,
’n g*t in jou familie,
’n g*t in jou finansies,
’n g*t in jou hart,
’n g*t in jou gedagtes,
lag hy en d**k hy het by jou gesteel en jou lewe vol leë plekke gelos.
Maar die duiwel sien nooit die bloudruk nie.
Hy sien nooit wat God onder die oppervlak bou nie. Hy sien nooit jou waarde in die oë van Jesus nie.
En dan…
stuur God die reën.
En skielik besef die vyand dat elke g*t wat hy gegrawe het, besig was om ’n put te word.
Elke leë plek was gevul met God se teenwoordigheid, God se krag, God se seën en God se liefde.
Die duiwel het g*te gegrawe.
Maar God het reservoirs gebou.
En wanneer die reën uiteindelik val,
word jy nie net heel nie.
Jy loop oor.
©️2026 Pragtige JY - Is Genoeg
Kopieëreg ~ Juanita Grobler
22/01/2026
Persoonlike Bybelstudieboek - 'n geskenk van Sanet aan iemand spesiaal ...
TikTok · elizmakuyperuys Check out elizmakuyperuys’s video.
03/10/2025
Mag almal n geseënde naweek hê vol met God se Liefde🕊
🩵 Hou u liefde oor ons, Here,
want ons stel ons vertroue in U.
Psalms 33:22
🩵 Laat my elke môre u liefde ondervind,
want in U stel ek my vertroue.
Wys my die pad wat ek moet loop,
want my hoop is op U gevestig.
Psalms 143:8
weesstil.co.za
Click here to claim your Sponsored Listing.
Contact the business
Telephone
Website
Address
Pretoria
0181