Classique Events

Classique Events

Share

Photos from Classique Events's post 18/12/2019

Variety of platter boards, cheese boards and bread boards for serving your favorite cheeses and breads in style.

For pricing and sizes please do comment or inbox me and I will get back to you.

20/09/2018

Koekblik bederfies 😍 KOM ONS BAK
" Madeleines "

Jy het nodig:
2 eiers
2m l vanieljegeursel
’n knippie sout
80ml witsuiker
125ml meel
12,5ml fyngerasperde suur¬lemoenskil
60ml botter
80ml witsuiker, ekstra

Só maak ’n mens:
1. Voorverhit die oond tot 190°C. Bespuit ’n madeleine-pan met kleefwerende kossproei (as dit ’n kleefwerende silikoonpan is soos myne hoef jy dit nie te doen nie).
2. Smelt die botter en laat afkoel tot kamertemperatuur.
3. Plaas eiers, vanieljegeursel en sout in die bak van jou elektriese menger en klits op hoë spoed tot lig (jy kan ook ’n elektriese handklitser gebruik).
4. Klits aanhoudend en voeg die suiker geleidelik by. Hou aan klits op hoë spoed tot dik en liggeel (sowat 5-10 minute).
5. Sif die meel en voeg dit in drie sarsies by die eiermengsel. Vou die meel telkens liggies met ’n deegskraper in (moenie dit byklits nie).
6. Voeg die suurlemoenskil by en giet die gesmelte botter om die kante van die beslag. Vou vinnig maar versigtig die botter en skil by die beslag in.
7. Skep lepelsvol van die deeg in die holtes van die madeleine-pan (moenie dit té vol maak nie). Bak 14-17 minute of tot die koekies goudbruin en gaar is.
8. Plaas die madeleines op ’n afkoelrak en besprinkel dadelik met die ekstra witsuiker. Madeleines is die lekkerste op die dag wat hulle gebak is. Oorskiet-koekies is heerlik wanneer ’n mens dit in koffie of tee doop.

Sjokolade-variasie: Laat die suurlemoenskil weg. Verhoog die suiker na 125ml en vervang 2 eetlepels van die meel met 60ml onversoete kakao (sif dit by die beslag saam met die meel).
– Aangepas van allrecipes.com.

Foto: Gerrie Janse van Vuuren
~ Beeld - Die Burger - Volksblad: Kuns, vermaak en leefstyl
Kosklets - Karla Janse van Vuuren

Photos from Classique Events's post 05/11/2014

Platters

Photos from Classique Events's post 05/11/2014

Louis & Anneska se troue

Want your establishment to be the top-listed Arts & Entertainment in Klerksdorp?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Website

Address


59 Drive Yusuf Dadoo, Wilkoppies
Klerksdorp
2571