Loskop Rugbyklub

Loskop Rugbyklub

Share

15/10/2024

KENNISGEWING!
Kom raak deel van die wenspan.
Jou betrokkenheid kan ons help om nog hoër hoogtes te bereik.
Good day everyone. Hope you are well!! The coaching team decided to implement a pre season program into a 12 week schedule to make sure that we are ready for our first friendly match on the 8th February 2025. We invite all players to the club on Thursday 17th October 2024 at 18:30 to discuss the pre season block. Let us all buy in. We need to have a effective pre season and Coach Evert Smit will talk us through how to get the most of our
pre season program.
Kom een, kom twee, kom almal!

11/10/2024

Loskop Rugbyklub se Manne wat opgeneem is in die Limpopo Blou Bulle Platteland Suid span:
Pieter van Heerden,
Bryan Jovner,
Lennox Majiki,
Emile Bloemhoff,
Ruben Kruger,
James Cato,
Dok Pieters, en
Shaun Agenbag.
Baie geluk Manne, julle is ONS Ysters!

Photos from Loskop Rugbyklub's post 02/09/2024

Uitslag!!
Limpopo Suidstreek Finaal. Saterdag 31 Augustus 2024 was 'n gewone Saterdag, effense byt in die lug. Vroegoggend het die mobiele foontjie al begin praat. Finale, finale ry reëlings is gefinaliseer. Die uittog het begin. Lephalale, Loskop is oppad! Van ons Manne en metgeselle het al Vrydagaand oorgeslaap. Inboek by gastehuise en dan stadion toe. Laaste gesels, skouervat, stil raak, rustig word... "Ons het dit Manne"! Opdraf en wag vir die afskop fluitjie. Ons is hier, híér, Limpopo Suidstreek finale!!
Dit was 'n harde wedstryd. Mogol 1 was nie 'n "walk in the park" nie. Daar was gewerk, gestoei en baklei vir elke punt. Daar was ge- counter attack, ge- defend en ge- attack! Na 'n harde, fiesiese wedstryd en met die blaas van die eindfluitjie het Loskop 1 afgestap as 2024 se Limpopo Suidstreek Liga wenners. Loskop 1 (34) - Mogol 1 (22).
Punte was as volg:
Drieë was gedruk deur;
Ruben Kruger (2),
Emiel Bloemhoff (1), en
Phillip Coetzer (1).
Verdoel deur;
Riekert Barnard (3), en
Ruben Kruger (1).
Strafskoppe;
Riekert Barnard (2).
Manne van die wedstryd!
Pieter Meiring vir voorspeler en Ruben Kruger vir agter speler.
Ons koppie bly in die Vallei!!
Dankie! Dankie! Dankie!
Ons liewe Vader vir talente en onvoorwaardelike genade,
Ons Manne vir toewyding,
Ons Manne se gades dat julle hulle met ons deel,
Ons bestuur en afrigters vir baie ure se kommiteekamer "gesels",
Ons borge vir julle vertroue in die klub,
Ons lojale ondersteuners wat elke wedstryd daar is om die Manne se voete en gees sterk te hou,
Mogol Rugbyklub se Manne en bestuur vir ons ontvangs en harde werk wat julle ingesit het om die dag moontlik te maak,
Limpopo Blou Bulle Rugby Unie vir julle betrokkenheid,
Limpopo Skeidsregtersvereniging wat elke wedstryd saam ons "speel".
Dit was 'n goeie dag, dit was 'n mooi dag. Rugby het gewen!!
Dankie oom Skippie. Dankie oom Dawid. Julle kry 'n nuwe koppie in die kas om op te pas...
Dankie Gerry, jou spore lê diep.
Dankie Manne - ons was saam tot die eindfluitjie geblaas het!

Want your business to be the top-listed Gym/sports Facility in Groblersdal?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Telephone

Address


Chris Wiidstraat 488
Groblersdal
0470

Opening Hours

Tuesday 18:30 - 00:00
Thursday 18:30 - 00:00
Friday 17:30 - 00:00
Saturday 15:00 - 02:00