VGK Pacaltsdorp
Persoonlike geskille, afbrekende kritiek en onwelvoeglike taalgebruik sal nie geduld word nie.
VGK Erediens - 26 Julie 2026
19/07/2026
Oproep tot Kerke, Predikers en Sondagskool Onderwysers
Skakel in by die Internasionale Seisoen van die Skepping / Season of Creation 2026
Neem deel en beplan jul eie preke en projekte- en sondagskool lesse - voor September 2026.
Die Tema is Lewende Water en die Fokus Teks vir die vier sondae van September is Esegiel 47v1-12
Luister na die video hieronder en stel 'n plaaslike span aan om julle eie temas en eko- projekte vir September 2026 te beplan - bv die plant van bome, plastiek verwydering, water besparing, ens.
video
https://www.youtube.com/watch?v=iq8TAGbrX70&t=1s
Daar is nou baie meer info vir kerke, predikers - en sondagskole beskikbaar om aan die jaarlikse Seisoen van die Skepping / Season of Creation deel te neem.
Predikante / Predikers kan dit ook gebruik en saam met die SS werk om een gesamentlike Seisoen van die Skepping diens – met projekte - vir die maand met ouers en kinders te organiseer.
Ek is tans besig met aanlyn Sondagskool SS Les – planne vir die 4 weke van die Seisoen van die Skepping 2026. Digitale – aanlyn SS lesplanne sal vinniger en goedkoper wees om in enige provinsie voor September te versprei.
Sondagskool Onderwysers – en predikers – kan die Seisoen van die Skepping materiaal en Les- planne direk by my teen R50 vir 4 lesse (weke) -met agtergrond inligting en prente (mages) - bestel . DIe enigste voorwaarde is dat dit nie gedruk en versprei mag word nie. Daar sal ‘n watermerk wees om kopiereg te verseker.
Belangstellendes꞉ Stuur ‘n facebook Messenger (hierbo) met jou naam,en epos adres. Ek sal dan die Sondagskool materiaal (Engels) per epos aanstuur sodra die bedrag inbetaal is.
Die volgende fase is om meer sondagskool les-boekies - - - ook vir Advent - te druk en te versprei.
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Telephone
Website
Address
Amaryllis, Sea View, Pacaltsdorp
George
6529
Opening Hours
| 09:00 - 11:00 |