First Step Firearm Training

First Step Firearm Training

Share

Firearm Training | First Step Firearm Training | Cape Town 19/01/2026

Www.firststepfirearmtraining.com

Ontvang van Anoniem:

Met ’n seer hart, groot bekommernis en n bietjie woede skryf ek hierdie:

Vandag op die N2 oppad huis toe het iets gebeur wat my nou nóg laat bewe en wat my twee dogtertjies van 9 en 5 jaar oud nooit moes beleef het nie !! Ek deel dit om mense te waarsku – vandag was dit gelukkig nie ons nie (dank die Here), maar môre kan dit dalk jy wees.

Ons was oppad huis toe na n roomys uitstappie by die see. ’n Onskuldige oomblik wat binne sekondes in ’n nagmerrie verander het.

Twee mans het net in die pad ingestap, een het aan die linker kant gestaan, en ’n lang man met ’n swart balaklava het wydsbeen in die middel van die pad gaan staan en ’n vuurwapen op die aankomende verkeer gerig.

Die trok waarop hulle die vuurwapen gerig het swaai toe voor ons in. Toe ek links kyk, staan die man met die balaklava en groot wit oë reg langs my deur. My 5-jarige dogtertjie was op my skoot. Ek skree vir Dewald om vinniger te ry, maar ons kon nie – die trok voor ons het gevoel of hy kruip.

Toe ons terug kyk, sien ons dat die kar agter die trok geen keuse gehad het as om te stop nie. Deure is oopgeruk en sekondes later toe hardloop die twee mans terug in die woongebied langs die N2 in. Ons weet nie wat daar gebeur het en of die mense okay is nie.

Ek het nog nooit so magteloos gevoel nie. Alles in my wou stop en help, maar hoe doen jy dit as jy twee klein kindertjies in die kar het? Dis eenvoudig net té gevaarlik.

Ons het wel ’n Law Enforcement-voertuig genader en ek het by my ruit uitgeskree dat hulle moet omdraai – iemand is pas beroof.
My oudste dogtertjie het die man langs haar gesien met die geweer in sy hand. Sy was in skok die hele pad huis toe. Is dit regtig die wêreld waarin ons kinders moet groot word?

Aan die mense wat vandag op die N2 in ’n silwer kar beroof is – ek hoop en bid regtig julle is veilig.

Dankie Here dat U ons vandag beskerm en veilig huis toe gebring het.

Asseblief, wees versigtig op die N2.
Hou jou oë oop en waarsku ander.

Firearm Training | First Step Firearm Training | Cape Town Your first step to becoming competent in possessing a firearm.

18/01/2026

Www.firststepfirearmtraining.com
079 496 1369

Training
Cape town/ Northern Suburbs/ Paarl / Stellenbosch/ Somerset West/

Want your school to be the top-listed School/college in Ferndale?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Address


Ferndale

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00