Triomftog
Stilword in die Psalms. Kersfees. Wat is die “geseënd” in “geseënde Kersfees”?
Ps 1:
“Dit gaan goed met (geseënd is) die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oord**k. Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak. So is die goddeloses nie. Hulle is soos kaf wat deur die wind uitmekaar gewaai word. Daarom sal goddeloses hulle nie kan handhaaf wanneer die Here oor hulle oordeel nie en sondaars nie 'n plek hê in die vergadering van regverdiges nie. Waarlik, die Here lei die regverdiges op hulle pad, maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang.”
Ps 2:2-3, 5-7, 10-12:
“Die konings van die aarde is in opstand, die leiers span saam teen die Here en teen sy gesalfde en sê: “Kom ons maak ons vry en gooi hulle juk af!” Hy spreek hulle aan in sy toorn, in sy gramskap jaag Hy hulle op loop: “Dit is Ek wat hom as my koning gesalf het op Sion, my heilige berg.” Ek wil vertel wat die Here aangekondig het. Hy het vir my gesê: “Jy is my seun, van vandag af is Ek jou Vader. Wees dan nou verstandig, konings, wees gewaarsku, regeerders van die aarde! Julle moet die Here met ontsag dien, Hom met vrees en bewing toejuig en Hom onderdanig wees, sodat Hy nie toornig word en julle op die pad omkom nie, want sy toorn ontvlam gou. Dit gaan goed met (geseënd is) almal wat by Hom skuiling soek.”
Tussen Ps 1:1 en Ps 2:12 se: “Geseënd is die mens…” staan daar wat vir jou seën bring. En lees maar wat dit is. Wat ek wil uitlig is dat jy die Woord dag en nag oord**k - en die Woord het mens geword! En ook dat jy jou moet onderwerp aan die koning. En dié Koning van alle konings is die Seun van God, Jesus die Christus.
Dissipelskap 293.
“Wie in My glo, glo nie net in My nie maar ook in Hom wat My gestuur het. En wie My sien, sien Hom wat My gestuur het.” (Joh 12:44-45). Wie Jesus gesien het, het die Vader gesien. Net so: “Ek het immers nie uit my eie gepraat nie, maar die Vader wat My gestuur het, het self vir My ‘n opdrag gegee oor wat Ek moet sê en wat Ek moet verkondig.” (v 49). Wie Jesus gehoor het, het die Vader gehoor.
Elkeen dan wat in Jesus glo (en daarom ook in die Vader), kan verseker hieraan vashou: jy sal nie in die duisternis (sondeverlorenheid) bly nie (v 46), want Jesus bring verlossing en nie oordeel nie (v 47), en dit is volgens Sy Vader se opdrag – Hy bring die ewige lewe! (v 50).
Jy, dissipel van Jesus – glo jy dit? As jy dit nie glo nie en Jesus se woorde nie aanneem nie, sal dit (jou eie ongeloof) jou op die laaste dag veroordeel! (v 48). Daar is dus ‘n verskriklike oordeel, vir hulle wat nie (wil) glo nie! Jesus het immers as lig na die wêreld gekom (v 46) – moenie in die duisternis bly nie!
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the place of worship
Telephone
Website
Address
Corner Of Willem Botha And Meyer Street
Centurion
0157
Opening Hours
| 09:00 - 17:00 | |
| 18:00 - 19:00 |