Die Landbougesprek
In order to adhere to the Protection of Personal Information (POPI) Act, 2013 (Act 4 of 2013) we hereby notify all users of our pages that by participating in posts through likes, comments, etc, you are consenting to your information (profile) being visible on our page. Should you elect to continue participating in this manner, we accept that you are consenting to being a part of this pag
01/06/2026
In vandag se aflewering van RSG Landbou:
Die Hooggeregshof in Pretoria het op 25 Mei ‘n bevel uitgereik dat bek-en-klouseer-entstowwe privaat verkry en toegedien mag word. Die hofsaak is ‘n oorwinning vir Sakeliga, SAAI en Vrystaat Landbou, maar die uitspraak het bepaalde implikasies wat nie in ag geneem is nie. Kobus Bester van die Suider-Afrikaanse Stoettelersfederasie gesels met ons hieroor.
Weet jy wat die rol van ‘n plaagbeheeroperateur is en waarom dié kwalifikasie juis vir nematoloë van belang is? Prabashnie Ramouthar is ‘n nematoloog wat vir 17 jaar al by dié bedryf betrokke en sy vertel ons meer.
Moet ook nie ons weeklikse landbounuus misloop nie.
Klik op die skakel in die komentaarafdeling om na die uitsending te luister! 👇
Sakeliga Saai Vrystaat Landbou/Free State Agriculture
21/05/2026
In vandag se aflewering van RSG Landbou:
Die Koejawelprodusentevereniging van Suid-Afrika verwag ‘n oes van so 21 000 ton. Die reën wat die Wes-Kaap onlangs ontvang het, kan moontlik ‘n positiewe impak op finale oessyfers hê. En het jy geweet daar is koejawelboorde wat 80 tot ‘n honderde jare oud is en steeds vrugte dra? Ons gesels met Jacques Jordaan oor hierdie interessante bedryf.
Johan van den Berg is terug met ons weeklikse weervooruitsigte en Chris Derksen vertel wat hierdie week met vleispryse in die Noord-Vrystaat gebeur het.
Klik op die skakel in die komentaarafdeling om na die uitsending te luister! 👇
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Website
Address
Centurion
0157