CWTLM

CWTLM

Share

Die bediening is geskoei op Johannes 14:6 waar Jesus aan die dissipels sê dat Hy die Weg die Waarheid en die Lewe is en dat niemand na die Vader kan kom behalwe deur Hom nie. Ons staan vas op die Woord en glo dat Jesus Christus die enigste manier is om by die Vader YHWH uit te kom. Die bediening het ontstaan nadat ek deur die Heilige Gees geroep is om ‘n bediening te vestig waar ons net weer na Go

16/10/2025

CWTLM Living Waters – Mosselbaai

Huwelikseminaar: GOD se doel met die huwelik 💍

Kom ontdek saam met Ps. Chris van Niekerk wat God se oorspronklike plan vir die huwelik is — hoe om Sy doel te verstaan, Sy seën te beleef, en ’n verhouding te bou wat op die Woord gefundeer is.

📅 Datum: Saterdag, 1 November
🕘 Tyd: 09:00 – 13:00
📍 Plek: 5 Carissa Unit 23, Via Appie, Voorbaai, Mosselbaai

☕ Koffie & tee word voorsien
🍰 Bring asseblief ’n bordjie eetgoed saam om te deel
💒 Almal is welkom | Gratis toegang (sitplek is beperk)

👉 Bespreek jou plek aanlyn:
🔗 https://cwtlmseminaarbymosselbay.rsvpify.com

📞 Kontak: Ian & Alida – 082 440 4334

Kom versterk jou huwelik en herontdek God se plan vir liefde, eenheid en verbond. ❤️

25/08/2025

💍 Liewe Egpaar,

Jy en jou huweliksmaat word hartlik uitgenooi na ’n lewensveranderende seminaar naweek, spesiaal ontwerp om jou huwelik te versterk, te verdiep en weer te verbind met Vader se oorspronklike ontwerp en bedoeling vir die huweliksverbond.

Die Ontwerpershuwelikseminaar is nie net ‘n geleentheid om tyd saam te spandeer nie, maar ‘n gesalfde uitnodiging om julle liefde te verdiep, kommunikasie te verbeter en Vader weer sentraal te stel in julle verhouding.

Wat om te verwag:
• Bybelse insigte vir die huwelik soos deur die Meesterontwerper beplan
• Praktiese sessies en verwerkings
• Tyd vir gebed en refleksie
• Romantiese oomblikke

👫 Of julle verloof, pas getroud is of al jare saamstap – hierdie naweek is vir julle!

RSVP teen *5 September 2025*
Kontak: *Celine 072 529 2401*

Laat Vader toe om julle huwelik te vorm volgens Sy meesterlike ontwerp.
Ons sien uit daarna om saam met julle op hierdie reis te stap!

Oorvloedige liefde en vrede in Christus,

Christus, die Weg, die Waarheid en Lewe Bedienning.

Want your place of worship to be the top-listed Place Of Worship in Centurion?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Address


Dirk Smit Industriële Park, Eenheid 25, Jakaranda Straat 14, Hennopspark X35
Centurion
0157

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:00
Tuesday 08:00 - 15:00
Wednesday 08:00 - 15:00
Thursday 08:00 - 15:00
Friday 08:00 - 15:00