Results Based Training

Results Based Training

Share

04/10/2021

Wil jy bietjie Skaak speel?

Wat is die beste, Aanlyn (OL) of Oor die bord (OTB)? Ek gebruik die Engelse afkortings omdat dit net makliker is.
In meeste gevalle is hierdie nie ʼn Ja Nee antwoord nie. Jammer, maar dit is nie net Wit of Swart nie. Daar is baie oorweeg redes vir albei en dit moet oorweeg word. Selfs wanneer ek as ouer die gedagte oorweeg, is daar baie om na te kyk. Meeste ouers kyk altyd na die voordele en nadele van sake wat ons kinders mag beïnvloed, maar by tye moet sekere aspekte duidelik uitgewys word.
Vir aanlyn is die grootste oorweging seker maar die feit van gerief en minder blootstelling. Ook hoef jy nie ʼn bord te pak aanlyn nie en is daar vandag soveel opsies vir ontleding dat jy selfs in ʼn paar dae beter kan word en oor die lang termyn baie kan verbeter. Veral as jy baie tyd maak en sorgvuldig oplet na dit wat gesê word. Aan die anderkant is

Tog is daar baie ander aspekte wat, in teenstelling met OTB, waarvan kennis geneem moet word:
• Aanlyn kan jy nie onwettige skuiwe maak nie – Dit weens die feit dat dit nie toegelaat word nie.
• Ten spyte van die geleentheid om met ʼn persoon met ʼn naam te speel, is dit baie onpersoonlik en baie kinders ervaar dit as onsmaaklik.
• Daar is outomatiese notasie, wat spelers lui maak om te noteer.
• Dit gebeur op ʼn skerm wat vir seker ouderdomme problematies is, hoe jonger die speler is.
• Die spele is meestal korter wat minder d**ktyd beteken.
Dit gesê is daar ook aspekte met OTB wat kennis geneem word:
• Oor die Bord kan mens maklik onwettige skuiwe maak en dit ook selfs mis by tye. In kompetisie bring dit ʼn nuwe demensies na die spel.
• Baie spelers hou daarvan om te sien hoe hul opponent reageer wanneer ʼn skuif gemaak word, maar ook kan dit baie intimiderend wees, omdat sekere spelers veral onder kinders, mekaar sielkundig of selfs fisies kan intimideer. Dis soos wanneer hulle met die pen speel, ‘per ongeluk’ stukke omstamp en baie meer.
• Daar moet in die meeste gevalle die spel genoteer word, wat moeilik is as spelers nie weet hoe nie, en het dit ʼn effek op die spelpeil
• Omdat daar nou met ʼn bord en stukke gespeel word, lyk die bord anders en kan die posisie van stukke verskuil of gemis word

Want your school to be the top-listed School/college in Brits?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Telephone

Website

Address


1 Kasteelberg Street
Brits
0250

Opening Hours

Monday 07:30 - 18:30
Tuesday 07:30 - 18:30
Wednesday 07:30 - 18:30
Thursday 07:30 - 18:30
Friday 07:30 - 18:30
Saturday 07:30 - 13:00