Laerskool Rynfield_Amptelik
17/06/2026
🏐 Netbal 🏐
Ons o.12- en o.13-netbalmeisies het die afgelope naweek aan die Gautengkampioenskappe deelgeneem en Laerskool Rynfield met trots verteenwoordig.
Die o.12-meisies het teen van die beste spanne in Gauteng meegeding en tot die laaste fluitjie met alles in hulle geveg. Hulle harde werk, deursettingsvermoë en spangees het aan hulle ’n uitstekende 10de plek in hierdie uiters sterk kompetisie besorg.
Ons o.13-meisies het ware karakter en vasberadenheid getoon. Ná ’n uitdagende naweek van hoë-intensiteit wedstryde het hulle nooit opgegee nie en met groot trots ’n ongelooflike 3de plek verower. Hierdie prestasie verseker ook hul plek by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe wat in Julie in Middelburg plaasvind. 🇿🇦
Ons is ongelooflik trots op elke speler wat met passie, moed en toewyding op die baan gestaan het. Julle het nie net uitstekende uitslae behaal nie, maar ook gewys wat dit beteken om as ’n span saam te staan, mekaar te ondersteun en met trots die Rynie-kleure te dra.
Baie geluk aan al ons spelers, afrigters, ouers en ondersteuners. Julle harde werk en opoffering dra vrugte. Die toekoms van Rynie-netbal lyk besonder blink!
💙 Rynie Trots! 💙
13/06/2026
🏆 Eerste dag van Gauteng Champs agter die rug! 🏆
Ons 0/12A's en Eerstespan doen uitstekend sover en het vandag gewys wat dit beteken om met trots, passie en deursettingsvermoë te speel.
Môre wag die uitspele, en ons weet julle gaan elke geleentheid met albei hande aangryp. Geniet die ervaring, gee julle beste en hou aan om die Rynie-naam hoog te hou!
Ons is ongelooflik trots op julle! 💙💛
🏆💙💛
12/06/2026
Baie sterkte aan ons Netbal Meisies wat ons skool hierdie naweek by die Gauteng Champs gaan verteenwoordig!
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Address
C/o Brodigan And Mathers Street
Benoni
1514
Opening Hours
| Monday | 08:00 - 14:00 |
| Tuesday | 08:00 - 14:00 |
| Wednesday | 08:00 - 14:00 |
| Thursday | 08:00 - 14:00 |
| Friday | 08:00 - 14:00 |