Hester's Inspiration
Heer, soms voel ons so oorweldig deur ons probleme. Soms kan ons net nie die lig sien skyn nie.
Ons voel vasgevang in ‘n web van twyfel en minagting, maar U sien dit anders, U sien die rede agter ons twyfel. Heer, U ken die rede waarom ons nie verder kan d**k nie.
Ek bid vir die wat struikel en val, Ek bid vir die wat nie meer die mooi in hulself kan erken.
Ek bid vir die wie se seer so rou in hul binneste sit. Heer, ek bid ook vir die wat daardie pyn veroorsaak.
Ek bid dat U aan hulle sal verskyn sodat hulle dit sal herken vir wat dit is Heer, ek bid vir vertroosting waar die moordenaars ander se lewens verwoes Heer, vanoggend bid ek vir ‘n land wat op sy kniee staan! Heer, hoor ons smeek gebede in hierdie oggend, hoor ons rou krete wat uit verskeurde harte kom.
Hoor die angsgebede van die mense wie se hele wese uit mekaar geruk is Heer, so baie mense kan nie bid in hierdie oggend, want hulle is stom geslaan, hierdie gebed is namens hulle ook. Heer, so baie mense sien nie meer die nut daarin om te bid, hulle verstand en siel het te hard geword! Heer, ek bid ook vir hulle! U is ‘n God van liefde Heer, U is ‘n lewende God wat luister.
Spreek tot elkeen wat hier lees en bring vertroosting in ‘n dorre landstreek, bring ‘n reenboog waar dit te veel reen, bring ‘n glimlag waar pyn die gesig vertrek, bring ‘n vonkel in die oe wat dof geword het, bring sagte woorde na ore wat nie meer wil hoor.
U is die God wat ons geskep het en ons loof en prys U Heilge Naam.
♡◦°˚Goeiemõre ◦°˚♡
Geniet jou dag.
Wonder waarom die son so mooi op die blomme skyn . . .
Dan kry ek die antwoord in my hart.
Dis 'n geskenk van Bo vir vreugde en smart.
Blomme maak gelukkig, dit vertroos;
In Sonskyndae, ook al is jy broos.
Die Heer se pluk vir jou 2 rose.
Ek't jou as my kind verkose.
Jou omgee word in 'n roos bewaar,
Sal nimmer verdwyn in voorspoed of swaar.
Die ander roos dra jou naam;
In My Handpalm geskryf, sal nimmer vergaan . . .
'Dankie dat jy My Naam altyd Prys.
Eendag sal Ek jou die Rose in My Hemeltuin wys.
Mooiste boodskap wat ek in n lang tyd gelees het, daarom deel ek dit met almal wat dit nodig het.............My kind die foute wat jy gemaak het, bepaal nie wie jy is nie... Wie jou gemaak het bepaal wie jy is.. En dis EK – jou hemelse Vader Die prys waarvoor iets gekoop word bepaal die waarde van 'n item... En die enigste prys waarmee Ek jou kon koop was met My lewe.. Kom kyk vir 'n slag na jouself deur My oë. Ek ken jou potensiaal, Ek weet waartoe jy instaat is. Ek ken die wenner binne in jou. Ek ken jou mooi hart. Ek ken jou sagte persoonlikheid. Ek sien ‘n pragtige mens wanneer Ek na jou kyk.. Dalk was daar dae wat jy gesê het jy glo nie in My nie, maar Ek sê vandag vir jou: Ek glo in jou!! Ek wil jou seer wegvat, jou glimlag weer terug sit op jou gesig. Ek wil jou weer laat glo jy kan . Ek wil jou optel en styf teen My bors vasdruk en vir jou wys Ek beplan vir jou ‘n mooi toekoms. Bly altyd Glo...want dis Hemel op Aarde saam met God!
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the public figure
Website
Address
Albertinia
6695