Rustenburg Farmers Market
04/06/2026
Verskeidenheid stalletjies by Rustenburg Boeremark
RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Kom en geniet die Rustenburg Boeremark, wat op Saterdag, 6 Junie vanaf 09:00 tot 15:00 by die Rustenburg Skougronde in McGregorstraat (gratis toegang) plaasvind.
Besoekers kan 'n verskeidenheid van stalletjies, insluitend vars gebak, vars groente en vrugte, eiers, biltong, droëwors, wors, vleissnite en vele meer, besoek en kom geniet.
Die "Bargain Hunters"-span sal ook beskikbaar wees om jou te help om van onnodige artikels ontslae te raak en groot winskope kan verwag word. 'n Hele dag vol pret en plesier lê voor en daar is baie te sien en te doen, selfs vir die jongspan. Soos gewoonlik sal Peter Brady en sy eggenote, Michelle, vir die musiek sorg en 'n feestelike atmosfeer sal heers waar u heerlik kan kuier en ontspan.
Vir meer inligting skakel 069 694 6897, WhatsApp 072 580 1076 of epos: [email protected]
Click here to claim your Sponsored Listing.
Contact the business
Telephone
Website
Address
Rustenburg
0299