Van der Merwe Property Group

Van der Merwe Property Group

Share

05/06/2025

Van der Merwe Property Group

'n Nuwe borg met 'n jarelange verbintenis...

Van der Merwe Property Group is die nuutste borg van Despatch Atletiek Klub, en vorm saam met Despatch Superspar en Klinicare Despatch deel uit van ons klub se hoofborge. Hulle is ook die amptelike borg van ons Comrades Marathon 2025 span.

Wat interessant is, is dat alhoewel hul onlangs deel gevorm het as borg, was Deon van der Merwe reeds by met die stigting van Despatch Atletiekklub betrokke. Dit dateer terug na einde 2011. Sy regsagtergrond was veral van groot hulp met die samestelling van die klub se konstitusie. Die jarelange verhouding tussen Deon en die klub het vergroot toe hy en Benice as lede aangesluit het en as borg betrokke geraak het. Soos met Despatch Superspar en Klinicare Despatch, skroom hulle nie om betrokke te raak by dit wat belangrik is in die gemeenskap nie. Voorbeelde hiervan is hul betrokkenheid by ons 67 minute Mandela Dag tydtoets saam met Despatch se Pay It Forward Gemeenskap, asook die Daredevil Run ten bate van testikulêre en prostaatkanker.
Met die Comrades Maraton op 8 Junie 2025 wil ons met behulp van Deon en sy span vir ons plaaslike gemeenskap wys wat in ons atlete steek. Dit is altyd 'n voorreg om terug te keer na ons geliefde dorp met daardie Comrades medalje om die nek. Dankie vir borge soos Van der Merwe Property Group wat help om dit vir ons atlete moontlik te maak...

Photos from Despatch Athletics Club's post 04/06/2025
Want your business to be the top-listed Realtor/realty Service in Despatch?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Website

Address

101 Main Street
Despatch
6220