Delicious Rugby Klub Ceres
29/05/2026
Aubrey Rooi. N kragtige stut wat verskeie posisies in die voorry kon speel. Hy het baie sterk geskrum en verdedig. Het verseker dat die bal skoon na die agterlyn gaan. Ook bekend ver sy uithouvermoe.
Na sy speeldae, is hy steeds betrokke by die klub. As die afrigter van die 3de span, het hy ook sukses behaal, deur die liga te wen. Buks, ons salute jou.
29/05/2026
Faizel Jumath. Kookwater senter wat se naam op n tyd elke naweek in die koerant was vir driee druk. Met sy bal vaardighede kon hy wonders doen. Kon lyne breuk en was goed op verdediging.
Op die ouderdom van 46, draf hy nog steeds uit vir sy tuisdorp Tulbagh. Nog steeds lewer hy kwaliteit rugby. Faia, ons salute jou.