Disciple Dynamix

Disciple Dynamix

Share

It's not just about your "Spiritual Life" but all of your life. We deal with how to build an authentic spiritual foundation in your life, how to understand and appreciate yourself better, how to build life-changing relationships with other, and how to launch a dynamically focused life that makes a difference in your world

30/05/2019

Ons lees in Genesis van ʼn persoon wat eintlik glad nie belangrik is nie, wat nie eens deel was van die volk Israel nie. Maar die God van Israel, El-Elohe-Israel (Die sterk Een, die Skepper en onderhouer van Israel), gee selfs vir haar ook om en sien haar ook raak.
El-Roí: God wat sien, God wat raaksien.
Hagar was ʼn bejammerenswaardige figuur, swanger deur haar eienares se man, Abram, en op vlug iewers in die woestyn, weg van Sara wat haar mishandel het. Sy was deel van Abram se huishouding. Die bietjie goedheid wat sy beleef het, was bloot genade, want sy het geen regte gehad nie, en selfs maar bitter min voorregte. Die een voorreg wat Sara haar gegun het, was om swanger te word (eintlik namens haar) om vir haar man, Abram, ʼn kind te kan gee. Maar toe dit gebeur, word Sara jaloers, en ontneem haar van alle menswaardigheid wat sy nog oorgehad het.
In ʼn diep g*t van depressie gaan sit Hagar in die woestyn, waar niemand haar kan sien, van haar weet, of iets vir haar kan doen nie. Sy gaan sit daar om dood te gaan. Dan daag die Here self op en verras haar.
“Waar kom jy vandaan, Hagar? En waarheen is jy op pad?” Dis hoe die Here haar konfronteer binne haar omstandighede. Dis asof die Here vir haar wil vra: weet jy wat Ek weet, Hagar? Kan jy die detail van jou lewe raaksien, soos Ek doen?
Eers probeer sy om te verduidelik vanuit haar eie perspektief op haar omstandighede, so asof die Here dit nie reeds weet nie. Die manier waarop sy verduidelik, wys eintlik daarop dat sy te kenne wou gee dat sy verstaan dat die Here nie sou weet wat in haar lewe aangaan nie; sy is mos immers nie eers deel van Sy volk nie, dus nie belangrik genoeg dat die Here enigsins aan haar sou aandag gee, of iets van haar sou weet nie.
Maar die Here laat haar gou besef dat Hy baie meer oor haar weet, en baie meer vir haar omgee as wat sy ged**k het. Hagar gee aan die Here eer en lof, daar in die woestyn, binne haar omstandighede, as sy besef dat sy die Here wat haar raaksien ontmoet het. Genesis 16:13-14. Dis nogal interessant om te weet dat sy dan haar seun Ismael noem, wat beteken: God wat hoor. “God wat my raaksien, het my pyn gesien en my geroep gehoor.”
REALITY CHECK
In my eie lewe voel ek dikwels of die Here baie ver is, asof Hy van my vergeet het. En jy? D**k jy die Here sien jou nog raak?
Besef vanoggend dat die Here, die Sterke God, EL, sy oë oop het en kan sien. Nie net dit nie, maar Hy sien RAAK. Hy wat sien, sien jou raak, Hy weet van jou, Hy hoor jou! Maak hierdie stukkie realiteit in jou hart en gedagtes vas.
PERSONAL APP
Ons gedagtes word soms besoedel met vals inhoude, en die bose spesialiseer daarin om die vertrekpunt van ons geloof te skuif na onsekerheid en leuens. “Is die Here regtig in staat om aandag te gee aan jou? Hy moet die wêreld in stand hou, daar is mos nie tyd vir onbenullige dingetjies soos jou behoeftes, of klein, eenvoudige mensies soos jy nie?” Dis ʼn tipiese gedagte waarmee hy jou wil onderkry en laat twyfel. Verdryf vandag leuens met die waarhede wat die Here vir ons in die Skrif gee:
Psalm 34:16 “Die oë van die HERE is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep.”
Spreuke 15:3 “Die Here sien oral; Hy hou slegte en goeie mense dop.”

Want your place of worship to be the top-listed Place Of Worship in Akasia?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Address

Annico Street 18
Akasia
0182